Pages

Die verskil tussen Solsea en Gro Natural


DIE VERSKIL TUSSEN BV. VISEMULSIE EN SOLSEA ( NATUURLIKE GEDROOGDE SEEWIER) EN GRO NATURAL ( VISHIDROLISATE).
Alhoewel al 3 bogenoemde produkte van natuurlike oorsprong is, is daar groot verskil in die vervaardiging daarvan.

DIE GROOT VERSKIL:
Solsea ( seewierekstrak) word onder natuurlike omstandighede gedroog en verpak. Geen onnatuurlike druk, selbarsprosesse en/ of hitte word toegepas. Die integriteit en voedingswaarde van die oorspronklike molekul en sel word behou.

Gro Natural ( vishidrolisate ) word ook deur natuurlike prosesse gevorm, soortgelyk aan die by “kompos maak”.

Bogenoemde twee produkte is daarom ryk aan natuurlike proteine, is uitstekende plant en wortel voeding , maar mees belangrik, stimuleer beide solsea en gro natural natuurlike grondlewe  (micorrheza, roofswamme en ander)  maksimaal.

Die voordele word duidelik gesien in blaar en grondontledings asook fisiese wortelontwikkeling en plantreaksie en oeskwaliteit asook opbrengs.

‘n Groot deel van die natuurlike integriteit en voedsaamheid beide gro natural en solsea sou verlore gegaan het as dit onderwerp was aan onnatuurlike druk en hitte. Soos om seewierselle te bars onder onnatuurlike hoe druk of visemulsie wat onnatuurlike hitte prosesse ondergaan.

Dit is ongelukkig ook die geval met baie ander “ natuurlike produkte”. Hoe vervaardigings koste maak hierdie produkte onnodig duur en proteininhoud en opneembaarheid word negatief beinvloed!

No comments:

Post a Comment